Bouwerk aan Trump se Withuis-balsaal begin SeptemberAugust 2, 2025
Die bouwerk aan ‘n dineesaal van meer as 8 000 vierkante meter en ter waarde van 3,6 miljard Namibiese dollar sal in September begin. Die gebou vervul president Donald Trump se 15-jaar lange droom om ‘n onthaalruimte op die Withuis-perseel te bou. Die goue en wit-styl van die nuwe gebou sal ‘n noukeurige nabootsing wees van die Louis XIV-styl balsaal by Trump se Mar-a-Lago-landgoed in Palm Beach. Die nuwe dineesaal sal sitplek vir 650 mense hê, meer as drie keer die aantal wat kan inpas in die East Room, wat tans die grootste onthaalruimte in die Withuis is.