Minimumloon sal werksverliese tot gevolg hêAugust 2, 2025
Kenners het kommer oor die minimumloon, veral in landbou. Teen 2027 sal die loon met 80 persent sedert Januarie gestyg het, na ‘n Oktober 2023 styging van 66 persent, sonder die inagneming van byvoordele. Ekonome meen die geskiedenis toon dat groot spronge in minimumlone hou rampspoedige gevolge in teenoor geleidelike, laer verhogings wat bykomend voordelig is vir groei in die bruto binnelandse produk. ‘n Koëffisiënt wat algemeen gebruik word se beraming is as die ekonomie met 1 persent groei, styg indiensneming met 0,5 persent. Namibië se geskatte ekonomiese groei vir 2025 is 3,8 persent wat beteken werksgeleenthede kan met ‘n skrale 1,9 persent toeneem. Gereken teen ‘n inflasiekoers van sowat 3,9 persent is die skerp styging nog meer betwisbaar.