Speenkalfprys sal plaaslik styg – Paul KleinAugust 3, 2025
Verskeie ontwikkelinge in die speenkalfmark kan moontlik tot gevolg hê dat boere gaan begin betaal om speenkalwers te bekom. Agra se hoof van veilings, Paul Klein sê aan Agriforum dat dit gedryf word deur ‘n verwagte sterker vraag weens Namibië se groeiende slagkapasiteit, optimisme dat slagpryse sal styg en ‘n moontlike sterker vraag na speenkalwers in Suid-Afrika, veral omdat Botswana nou uit die mark is wat tradisioneel net soveel speenkalwers as Namibië aan Suid-Afrikaanse voerkrale gelewer het. Volgens Klein dal dié tekort moontlik uit Namibië aangevul word omdat Suid-Afrika nie genoeg speenkalwers produseer om sy vleisbedryf te ondersteun nie. Hy meen hoër speenkalfpryse broodnodig, veral ter wille van die volhoubaarheid van die primêre produsent wat hë produksiekoste het.