Ondersoek gelas na baba uit putlatriene gered isAugust 4, 2025

Die Namibiese polisie het in die vroeë ure van Vrydagoggend in Engela afgekom op ‘n baba van ongeveer 28 weke wat in ‘n diep putlatrine gegooi is. ‘n Familielid het ‘n baba uit die put hoor huil en die polisie geskakel. Daarna is die verdagte, ‘n 26-jarige studentverpleegster, opgespoor en is nou onder polisiebewaking by die Oshakati-hospitaal. Beide die moeder en die baba is in ‘n stabiele toestand. Ondersoeke duur voort.