Roof van N$1,5m se goedere by bergingsfasiliteitAugust 4, 2025

Die polisie sê daar is ingebreek by die IN and GO-bergingsfasiliteit in Brakwater. Daar word beweer dat die verdagte ‘n onbekende voorwerp gebruik het om die hangslot van die houer oop te breek en die klaer se eiendom gesteel het, naamlik tafels en stoele, ‘n motorfiets en fiets met bykomstighede, tente, gasstoof, windnette en ‘n afdak, kampeertoerusting, eetgerei en kombuistoestelle, ‘n kitaar, TV, rekenaarskerm, Asus-skootrekenaar, wasmasjien, luidsprekers, fotorame, maalvleis- en worsmasjien. Die goedere het ‘n geraamde waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar. Niks is teruggevind nie en geen arrestasie is gemaak nie.