Namcor: Nandago ontken alle klagtes, sê hy kan N$5 000 borg bekostigAugust 5, 2025
Leo Nandago, die negende beskuldigde in die Namcor-bedrogsaak, het tydens sy borgtog-aansoek in die Windhoek-laerhof ontken dat hy as vennoot in Erongo Petroleum 500 000 Namibiese dollar aan Panduleni Farming CC betaal het. Die onderneming behoort aan die man van Jennifer Hamukwaya, die voormalige uitvoerende hoof van finansies by Namcor. Nandago sê in ‘n verklaring wat deur sy prokureur, Ileni Gebhardt voorgelees is, dat hy net dokumente onderteken het by Erongo Petroleum en dat sy mede-aangeklaagde, Austin Elindi, die besigheid alleen bestuur het. Hy het in Februarie 2024 sy 50 persent aandeel in die maatskappy aan Elindi oorgedra, wat Elindi die aleeneienaar gemaak het. Nandago het gesê hy sal onskuldig pleit en kan borgtog van 5 000 dollar bekostig.