Water effe meer spaarsamig die week benut August 5, 2025

Daar is beter waterbesparings in die afgelope week rakende die land se damme toegepas. Net minder as 4,3 miljoen kubiek is onttrek. In die sentrale gebied is Von Bach op 91,6 persent na oordragte van Omatako. Swakoppoort is op 89,8 persent. In die Ooste is bronne op 30,1 persent met Otjivero wat 49,4 persent vol is. Hardap by Mariental het 68,8 persent na 1,4 miljoen kubiek onttrek is met Naute by Keetmanshoop op 94,2 persent. Oanob by Rehoboth is 71,9 persent vol.