NDP’s het louwarm suksesAugust 5, 2025
Die regering het vir die eerste keer die sukses van ‘n ontwikkelingsplan bekend gemaak en NDP5, wat pas geëindig het, het 58 persent van sy teikens bereik. Kenners meen die planne het oor die algemeen ‘n lae koers van sukses omdat ekonomiese groeikoerse, soos in die sesde plan gemiddeld op 6 persent staan en nie bereik word nie. Werkloosheidsteikens misluk ook en armoede-, behuising- en sanitasie-teikens is ook te hoog. Kenners is van mening dat uitdagings in die stimulering van ekonomiese groei en die skep van werkgeleenthede voortduur.