Stad Whk sal uiteindelik Donderdag droogte watertariewe hersienAugust 5, 2025

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat Stad Windhoek het uiteindelik die punt van kategorie-bevestiging van die waterbestuursplan die komende Donderdag op hul agenda. Die jaarlikse werkswinkel van die waterbestuurskomitee vir die sentrale gebied het reeds einde Mei vergader en bevind die sentrale gebied se waterbronne het genoeg water om vir twee reënseisoene te hou sonder enige onmiddellike kommer en waterbeperkings. Intussen betaal inwoners van die hoofstad steeds droogte, of kategorie D-tariewe en dis al amper weer tyd vir die volgende reënseisoen om te begin.