GRN eis 51% plaaslike aandeelhouding in mynweseAugust 6, 2025

Die Namibiese regering stel ‘n beleid voor wat 51 persent Namibiese eienaarskap in alle nuwe mynbou-ondernemings sal vereis, en beskryf dit as ‘n noodsaaklike stap om langtermyn-volhoubaarheid en groter billikheid in die sektor te verseker. Die lynminister Natangwe Ithete, het by die opening van die Mynbou-expo gesê die voorstel vorm deel van ‘n breër hersiening van die Minerale Wetsontwerp. Ithete het opgemerk dat die ministerie beleidsraamwerke prioritiseer wat plaaslike eienaarskap versterk, kapasiteit bou en waardetoevoeging binne die bedryf bevorder.