Katima draai sy rug op RedForce-opdrag August 6, 2025

Die Katima Mulilo-dorpsraad sê hy sal nie gehoor gee aan ’n opdrag van die regering om bande met RedForce Debt Management te breek nie. Plaaslike media berig dat die raad van mening is dat die opdrag van die lynminister, James Sankwasa, ingevolge die wet onafdwingbaar en teenstrydig is met Namibië se verkrygingswette. Sankwasa het opdrag gegee dat kontrakte nie hernu moet word nie. Katima Mulilo se uitvoerende hoof, Raphael Liswaniso, sê die raad kan net iets wettig implementeer.