Groot brand suidwes van Okaukuejo, Etosha August 6, 2025

Die jongste aanduidings is dat dit brand suidwes van Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park. Die brand het Dinsdagnammidag op Mooiplaas, aangrensend aan die park ontstaan en die wind het dit in die park ingedryf rondom nege-uur. Die brand vertoon redelik groot en Kosmos 94.1 Nuus sal opvolg met die betrokke owerhede.