Borge bou kliniek, oorhandig aan gesondheid, maar hy’s steeds toeAugust 6, 2025

Plaaslike media berig dat die kliniek by Palmwag, naby Khorixas, na drie jaar steeds nie oop is vir die publiek nie omdat daar geen akkommodasie vir mediese personeel gebou is nie. Dit is gebou deur die Big 3 Conservancies Trust – Anabeb, Sesfontein en Torra – in vennootskap met die Gondwana Collection en oorhandig aan die gesondheidsministerie. Inwoners se naaste kliniek is steeds amper 50 kilometer ver. Die lynministerie het bevestig dat gesprekke aan die gang is en dat die Torra-bewaringsgebied geld probeer insamel om die akkommodasie te bou.