Malaria-uitbreking: Meer as 56 000 gevalleAugust 6, 2025

Namibië het ‘n beduidende malaria-uitbreking ervaar met 56 130 gevalle wat aangemeld. Tussen Januarie en 20 April vanjaar is 5 226 pasiënte in die hospitaal opgeneem en 95 mense is aan die siekte dood. Streke waar die siekte endemies voorkom sluit in Ohangwena, Kunene, Otjozondjupa, Omusati, Oshana, Oshikoto, die twee Kavango-streke, Zambezi en Omaheke. Die lynministerie sê talle gevalle was oorgrens maar die groter meerderheid is plaaslik oorgedra.