Hirosjima: Kernverdrag moet weer op die been komAugust 6, 2025
Hirosjima se burgemeester, Kazumi Matsui, waarsku die Kernsperverdrag is op die rand van ineenstorting. Dis vandag 80 jaar sedert Amerika se atoombom op Hirosjima in Japan, waarin meer as 200 000 mense dood is. Meer as 70 lande het die verdrag onderteken wat die verspreiding van kernwapens beperk en die vreedsame gebruik van kernenergie aanmoedig. Amerika en Rusland was egter daarteen gekant. Matsui het kommer uitgespreek teen die idee dat sommige lande reken kernwapens is noodsaaklik vir nasionale verdediging.