Gedenkdiens vir Jaco van Dyk op 16 Aug. in GrootfonteinAugust 6, 2025
‘n Gedenkdiens vir die bekende sakeman, loods en voormalige tydrenjaer Jaco van Dyk sal op Saterdag, 16 Augustus op Grootfontein gehou word. Hy het op 26 Julie in ‘n motorongeluk op die B8-pad tussen Grootfontein en Otavi gesterf. Die diens sal om 10-uur in die NG Kerk in Dr. Nicky Iyambostraat begin, en sal ook regstreeks gestroom word. Die 52-jarige Van Dyk was ‘n 2020 in die nuus nadat sy helikopter in die berge oos van Windhoek neergestort het. Sy drie kinders was saam met hom en hulle het almal wonderbaarlik die ongeluk oorleef.