Verkryging bly ‘n geheim August 7, 2025

Slegs vyf uit 176 openbare entiteite het hul jaarlikse verkrygingsplanne betyds vir die 2025/26-boekjaar ingedien, volgens die jongste bulletin van Procurement Tracker Namibia. Dit verteenwoordig slegs 3 persent voldoening, ten spyte van wetlike vereistes vir tydige indienings. Die bulletin sê verder dat teen 31 Julie vanjaar is egter slegs 71 planne ingedien, wat gelykstaande is aan slegs 40 persent van die totale aantal entiteite met net vyf wat dit betyds ingedien het.