Tariewe: 8% van SA-uitvoere gaan na VSAAugust 7, 2025

Die parlementêre komitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging sê hy is weens die sterk handels- en beleggingsverhouding tussen Suid-Afrika en Amerika, bekommerd oor die uitwerking van die 30-persent Amerikaanse tariewe. Sowat 8 persent van Suid-Afrikaanse goedere wat in 2024 wêreldwyd uitgevoer is, was na Amerika. Die komitee sê hy is bekommerd oor die uitwerking van die tariewe, veral op voertuie, staal en landbouprodukte, omdat dié produkte minder mededingend sal wees in Amerika.