Debmarine onderhandel oor 15% tariefAugust 7, 2025

Debmarine Namibia sê daar is gesprekke aan die gang om ‘n vrystelling van die nuut opgelegde 15 persent diamantinvoertariewe deur die VSA te bekom. The Brief berig die tariewe dreig om die mededingendheid van Namibiese diamante in die wêreld se grootste juweliersmark te ondermyn. Debmarine se uitvoerende hoof, Willy Mertens sê die VSA produseer nie diamante nie, dus dien hierdie tariewe geen beskermende doel vir die Amerikaanse bedryf nie. Hy waarsku dat indien daar geen vrystelling is nie, die bykomende koste Namibië se veredelings- strategie sal ondermyn en vraag in ‘n reeds trae mark sal verswak.