DVS toets Namibië se plan teen bek-en-klou August 9, 2025
Die direktoraat van veeartsenydienste gaan binnekort ‘n simulasie van sy volledige gebeurtlikheidsplan vir die uitbreking van bek-en-klouseer in werking te stel om seker te maak Namibië is gerat teen so ‘n moontlikheid. Die DVS se gebeurlikheidsplan behels onder meer inperkingsones in gebiede waar uitbrekings voorkom. Volgens die uitvoerende hoof van die Namibië Landbou Unie, Roelie Venter, moet elke moontlike voorsorgmaatreël getref word teen die oordrag van die hoogs aansteeklike virus. ‘n Plaaslike uitbreking sal ‘n opeenhoping van vleis veroorsaak omdat Namibië net 30% van sy vleisproduksie benut, sê Venter.