Wouter Basson bly in spervuur August 9, 2025

Die Raad van Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika sê hoewel daar vertragings met die wangedrag-tugverhoor van dr. Wouter Basson was, beteken dit nie tugstappe teen hom moet laat vaar word nie. Basson, ‘n praktiserende kardioloog, kan sy mediese lisensie verloor indien hy skuldig bevind word vir sy beweerde rol in die regering se program vir chemiese en biologiese wapens in die 1980’s. Hy is in 2003 strafregtelik aangekla, maar is vrygespreek. Basson het hom intussen tot die hof gewend en vra vir ‘n interdik teen die tugverhoor.