Waterbeperkings in Windhoek word opgehef August 9, 2025

Windhoek se stadsraad het besluit om Maandag waterbesparingsmaatreëls van 15 persent en die gepaardgaande tariewe in die hoofstad op te hef. Die goeie afgelope reënseisoen het verseker dat die stad se waterreserwes genoeg vir ministens die volgende twee reënseisoene is, sê die munisipaliteit. Windhoek se suidelike akwifer gaan ook vanaf Maandag weer hervul word om die stad se watersekerheid te versterk. Die herinstelling van waterbeperkings sal in Mei volgende jaar hersien word, afhangende van die stand van damme.