Windhoek kry dalk nog twee parkeAugust 9, 2025
Windhoek kan moontlik twee parke ryker raak na die stadsraad besluit het om twee erwe in die hoofstad hiervoor te reserveer. Een van die erwe is in Olympia en die ander een in Windhoek-Wes. Stadsraadslede het 12 maande om met omvattende ontwikkelings- en finansieringsplanne vorendag te kom. Die ontwikkeling sal ingevolge die munisipaliteit se meestersplan vir ontspanningsgeriewe en publieke ruimtes geskied.