Krieket: Reuse-oorwinning vir Nieu-Seeland teen ZimbabweAugust 10, 2025
Nieu-Seeland het Saterdag ‘n oortuigende oorwinning met een kolfbeurt en 359 lopies op die derde dag van die tweede toets teen Zimbabwe in Bulawayo behaal. Nieu-Seeland se vorige grootste oorwinning – en Zimbabwe se vorige felste nederlaag – was met ‘n kolfbeurt en 301 lopies toe die twee spanne mekaar in Napier in 2011/12 die stryd aangesê het. Dit is Zimbabwe se sesde nederlaag in ‘n ry sedert hulle Bangladesh in April geklop het.