Pensioenarisse se CoW-skuld hoop weer opAugust 10, 2025
Stad Windhoek hanteer sowat 90% van skuldinvordering self en is nie oor-afhanklik van eksterne partye soos RedForce om dit namens hulle te doen nie, sê die munisipaliteit. Pensioenarisse se agterstallige rekeninge word selde aan RedForce oorhandig, het die munisipaliteit in ‘n verklaring gesê. Die stad het in 2023/24 skuld van meer as 524 miljoen Namibiese dollar afgeskryf, hoofsaaklik dié van pensioenarisse. Van hulle het egter weer in skuld verval en in totaal is sowat 20 miljoen dollar se skuld tans agterstallig, sê CoW.