Niger se Mars-meteoriet maak opslaeAugust 10, 2025
‘n Skaars meteoriet van Mars wat in Niger gevind is en in New York opgeveil is, het ‘n herrie ontketen. Dié meteoriet, die grootste van sy soort op aarde, is deur Sotheby’s vir 4,3 miljoen Amerikaanse dollar aan ‘n anonieme versamelaar verkoop. Dit is onbekend wie die meteoriet op die mark gesit het en of enige van die geld terug in Niger geploeg is. Die land se regering het die wettigheid van die uitvoer van die meteoriet bevraagteken en gesê dit kom moontlik gesmokkel wees.