Man eet daggaplant na polisie toeslaanAugust 11, 2025
‘n Man is Saterdag op Tses in hegtenis geneem ná drie daggaplante op sy erf ontdek is. In ‘n poging om van die bewyse ontslae te raak, het die man een van die plantjies opgeëet ná die polisie daarop afgekom het. Op Oshakati is ‘n verdagte in die polisieselle betrap toe hy dagga en sigarette ingesmokkel het. Op Mariental is ‘n man in hegtenis geneem ná hy dagga in die polisieselle wou insmokkel toe hy vir ‘n gevangene kos geneem het. Op Gochas en Kuisebmund is twee mans onderskeidelik die naweek vasgetrek met dagga in hul besit.