Amper 96 000 malaria-gevalle vanjaar aangemeldAugust 11, 2025

Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao sê daar is sedert die begin van die jaar kumulatief 95 729 gevalle van malaria in die land aangemeld met 154 sterftes. Zambezi loop voor met net meer as 25 000 gevalle. Die totale gevalle is ses keer hoër as wat die net meer as 16 000 gevalle wat in 2024 aangemeld is. Verlede jaar is 50 pasiënte dood. Die minister sê ‘n versterkte en gekoördineerde plan om malaria te beveg is broodnodig. Die noordelike streke sowel as Omaheke en Otjozondjupa is gebiede waar malaria endemies voorkom.