Wild en vee loop deur die naweekAugust 11, 2025
Die polisie ondersoek ‘n saak van veediefstal ná twee bulle, ‘n os en ‘n koei Vrydagaand in die Makanga-omgewing in Zambezi gesteel is. Die totale waarde van die diere is 92 000 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. In nog ‘n veediefstalsaak is ‘n skaap van 2 500 dollar Vrydagmiddag op ‘n plaas naby Gochas gesteel. Die polisie het drie mans gearresteer. ‘n Saak van onwettige jag word ook teen dié drie ondersoek ná ‘n steenbok- en koedoekarkas in hul besit gevind is. Die totale waarde van die wild is 9 000 dollar. Intussen is agt gemsbokke in die Namib Naukluft-park naby Sesriem gestroop. Die totale waarde van die diere is 36 000 dollar.