Oud-weermaghoof Hawala sterf op 89August 11, 2025

Die voormalige Namibiese weermaghoof luitenant-generaal Solomon ‘Jesus’ Hawala is vanoggend op 89-jarige ouderdom in ‘n hospitaal in die noorde oorlede. Hawala was van 2000 tot sy aftrede in 2006 hoof van die NDF. Hy was voor onafhanklikheidwording die adjunk-bevelvoerder van Plan, waar hy die bynaam “die slagter van Lubango” gekry het. Hy het kampe in Lubango in Angola bestuur waar Swapo-teenstanders na bewering gemartel en vermoor is. Inligting oor sy dood is nog skraps en sal bygewerk word soos dit bekend word.