Brittanje se werkloosheidsyfer steeds op 4,7%August 12, 2025
Brittanje se werkloosheidsyfer bly op ‘n vierjaar-hoogtepunt. Werksgeleenthede het verminder in ‘n tydperk waarin ‘n belastingverhoging in die Verengide Koninkryk en nuwe Amerikaanse tariewe in werking getree het. Die Kantoor van Nasionale Statistiek sê werkloosheid was op 4,7-persent vir die drie maande tot die einde van Junie. Dit was onveranderd teenoor die periode van Maart tot Mei. ‘n Verhoging in maatskappybelasting het in April in werking getree en analiste het gewaarsku dat maatskappye minder mense sal aanstel. President Donald Trump se nuwe tariewe op invoere het ook in April in werking getree.