EU-leiers wil Zelensky by Trump-Putin beraad hêAugust 12, 2025
Europese Unie-leiers doen ‘n beroep om die vryheid van die Oekraïne te verdedig om sy eie toekoms te beslis, voor hul virtuele beraad met Amerikaanse president Donald Trump. Die beraad is belê om Amerikaanse strategie te bespreek voor Trump se samesprekings Vrydag met Russiese president Vladimir Putin. Al die EU-leiers het ‘n gesamentlike verklaring onderteken, met die uitsondering van Hongarye. Kaja Kallas, die hoof van EU buitelandse beleid, vra ook dat die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, die Trump-Putin vergadering bywoon. Volgens die verklaring deel die leiers die oortuiging dat ‘n diplomatieke oplossing die veiligheidsbelange van Oekraïne en Europa moet beskerm. ‘n Oekraïne wat homself effektief kan verdedig, is ook ‘n integrale deel van enige toekomstige veiligheidswaarborge.