Hele Europa kry uiters warm, met brandeAugust 13, 2025
‘n Skroeiende hittegolf jaag tientalle veldbrande oor dele van Suid-Europa aan, wat duisende mense uit hul huise dwing en temperature bo 40 grade Celsius opstoot. Rooi hitte-waarskuwings is uitgereik in dele van Italië, Frankryk, Spanje, Portugal en die Balkan-lande, met beduidende gesondheidsrisiko’s. Die weerdiens van Spanje, Aemet, sê die kwik kan 44 grade in Sevilla en Cordoba bereik, terwyl Suid-Portugal ook 44 grade kan klok. Byna ‘n driekwart van Frankryk is onder hitte-waarskuwings. Dele van die Verenigde Koninkryk sweet in die vierde hittegolf van die jaar, met temperature van 33 grade en oranje en geel hittewaarskuwings in plek vir die hele Engeland. Wetenskaplikes waarsku aardverwarming maak die Mediterreense somers warmer en droër, wat langer en meer intense brandseisoene aanwakker.