Repokoers: Ekonome stem nie ooreen nieAugust 13, 2025
Die Bank van Namibië kondig vanoggend om 11 die jongste repokoers aan maar, ekonome verskil in mening oor wat die uitkoms gaan wees. Volgens FNB ekonoom Cheryl Emvula en Cirrus ekonoom Robert McGregor sal die bank die koers op 6,75 persent hou maar, ander, soos Almandro Jansen van Simonis Storm meen die koers sal met 25 basispunte verlaag word. Hy sê sy siening is gebaseer op ‘n kombinasie van gedempte inflasie, streekbeleidsbelyning, die behoefte om kredietgroei te stimuleer, en die belangrikheid om die ekonomie te beskerm teen eksterne handelsskokke.