Inlyn-skaats mans hokkiespan maak geskiedenisAugust 13, 2025
Namibië se inlyn-skaats senior mans hokkiespan het ‘n historiese bronsmedalje gewen by die 2025 Wêreldspele in Chengdu, China. Die span het in die groepswedstryde vir Chinese Tapei met 4-3 verslaan, en daarna die gasheer, China, 5-3 geklop. Hulle het 7-0 teen die VSA verloor, maar steeds deurgedring na die semifinale. Daar het hulle 3-1 vasgeval teen die Tsjeggiese Republiek, maar die uitspeelwedstryd vir die bronsmedalje 3-2 teen Frankryk gewen. Die span het verlede jaar by die Inlyn-skaats Hokkie Wêreldkampioenskap in Italië naam gemaak na hulle van die 21ste plek op die wêreld-ranglys opgeskuif het na die vierde plek.