Agribank eis vir N$6,6m moet wag, lener soek regshulpAugust 14, 2025

Agribank dagvaar Charles Kauejao, ‘n algemene dienste koördineerder by die VN, vir rondom 6,6 miljoen Namibiese dollar wat hy geleen het vir ‘n plaas in Omaheke. In sy eis sê die bank Kauejao het reeds sy eerste lening in 2014 uitgeneem wat in 2024 herstruktureer is maar, geen betaling is ooit gemaak nie. Die saak, voor regter Hannelie Prinsloo vandag, sal na verwagting uitgestel word tot vroeg in September. Kauejao het aansoek gedoen vir regshulp. Dit is twyfelagtig of hy dit sal ontvang – die salaris drempel is 7 000 dollar maandeliks om te kwalifiseer.