DA sê weermaghoof se Iran besoek het wyer gestrek as militêre gesprekAugust 14, 2025
Die DA sê buitelandse beleid is die regering se verantwoordelikheid en nie die weermag s’n nie. Die party waarsku die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaghoof Rudzani Maphwanya se politieke verklarings hierdie week tydens ‘n besoek aan Iran, kan Suid-Afrika se betrekkinge met belangrike bondgenote, insluitend die VSA, benadeel. Chris Hattingh van die DA sê Maphwanya se gesprekke het wyer gestrek as militêre besprekings toe hy Iran se standpunt oor Gaza ondersteun het en ‘n beroep op nouer bande gedoen het: