Austin Elindi kry US$44m vir Enercon, Erongo redding teen likwidasieAugust 14, 2025
Die sake waar Namcor poog om Enercon en Erongo Petroleum likwideer is weer vandag voor regter Shafimana Ueitele. Die reël nisi is vir vandag neergelê maar, in stukke sê Austin Elindi, tans in die hospitaal met sy borgaansoek in die Namcor-bedrogspul wat uitgestel is, dat hy 44 miljoen Amerikaanse dollar se befondsing bekom het van Pacific Creations Limited in Hongkong. Verder, dit was onlangs in die nuus dat die verdedigingsministerie 60,9 miljoen aan Enercon betaal het ingevolge ‘n instruksie deur die Tesourie. Hy vra tyd om volledig verslag aan Namcor te doen in verband met die twee maatskappye.