Rondloper olifant saai amok in die Nina-omgewingAugust 14, 2025
‘n Enkele rondloper olifant net oos van die hoofstad in die omgewing van Nina, het boere in rep en roer. Die dier het reeds deur verskeie plase beweeg. Verskeie waarmee Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, maak melding van skade en daar is berigte dat die olifant afkomstig is van Okambara Elephant Lodge in die gebied. Okambara het op hulle beurt aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig al hulle olifante is op hulle grondgebied. Die berigte kom na daar Maandag ook melding gemaak is van ‘n olifant in die gebied wat ook skade aangerig het. Kommersiële boere kry geen vergoeding van die staat vir die tipe skade nie en mag ook geen stappe neem teen die olifant nie.