Nog ‘n mylpaal wag op NNN in MadagaskarAugust 14, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan Sondag die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Raad van Ministers-beraad in Madagaskar vir die eerste keer toespreek. Sy sal Saterdag saam met senior regeringsbeamptes na Antananarivo vertrek en Maandag terugkeer. Volgens die presidensie sal sy in haar toespraak Namibië se toewyding aan die ideale van streeksintegrasie, industrialisasie, vrede en volhoubare en inklusiewe ontwikkeling herbevestig. Daarna sal sy deelneem aan ‘n lang lys besprekings en amptelike streeks-aangeleenthede.