Nasionale duathlonkampioenskap gaan koring van kaf skeiAugust 14, 2025
Die Namibiese Triathlonfederasie bied die naweek sy nasionale duathlonkampioenskap in die suidelike buitewyke van Windhoek aan. Atlete sal in verskillende ouderdomsklasse meeding in die kategorieë Super Sprint, Sprint en standaard duathlon. Atlete van 12 tot 13 jaar en 14 tot 15 jaar kompeteer in die Super Sprint, wat bestaan uit 2,5km kilometer hardloop, 10km fietsry en ‘n 1,25km hardloop. Die Sprint is vir atlete van 16 tot 19 en bied 5km hardloop, 20km fietsry en 2,5km hardloop. Die standaard-duathlon is die hoofkompetisie met ‘n uitdagende 10km hardloop, 40km fietsry en 5km hardloop. Mans en vroue neem saam aan hierdie kompetisie deel.