Diekmann vra verlenging van reël nisi in Google-saakAugust 15, 2025
Henner Diekmann vra vandag vir regter Thomas Masuku om die reël nisi, wat Masuku vir vandag neergelê het, tot 30 September uit te stel in sy saak teen Google. Diekmann wil beslag lê op verskeie Google-handelsmerke wat plaaslik geregistreer is. Die saak handel oor artikels oor Diekmann wat hom laster. Hy het reeds teen The Namibian ‘n saak in die verband geloods en gewen maar, die artikels is steeds beskikbaar op Google. Masuku het Google tot vandag gegee om te reageer. Diekmann se regsman Ulrich Etzold sê hulle het tyd nodig vir die tydige betekening van die Ediktale Aanhalingsdokumente aan die Respondent. Wanneer hy die handelsmerke bekom baan dit die weg vir hom om Google te dagvaar vir 600 000 Namibiese dollar in skadevergoeding.