Mosiehof: 25 aansoeke deur banke, eis is N$62mAugust 15, 2025

Daar was 81 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof met vier op die reël 108-rol. Regter Hannelie Prinsloo en Nate Ndauendapo het die sessies hanteer. Banke het 25 van die aansoeke gebrig. Tien eiendomme met ‘n reuse-skuldlas van amper 53 miljoen Namibiese dollar word teruggeëis. Die rede vir die hoë syfer is een eiendom met ‘n skuldlas van 35,8 miljoen dollar op die rol. Een voertuig moet terugbesorg word en 12 lenings met skuld van 8,7 miljoen dollar is betaalbaar. In Maandag se sessie hanteer regter Beatrix de Jager 80 onverdedigde egskeidings.