Israel moet ophou nedersettings aan Wesoewer bou: DuitslandAugust 15, 2025
Duitsland vra die Israelse regering om die bou van nedersettings aan die Wesoewer te staak. Die volg nadat Israel se ver-regse minister van Finansies, Bezalel Smotrich, aangekondig het dat bouwerk binnekort sal begin aan duisende huise wat die Palestynse gebied sal verdeel. Duitsland se Ministerie van Buitelandse Sake het in ‘n verklaring die Israelse regering se goedkeuring van die ontwikkeling veroordeel. Hy sê ook sulke optrede sal dit ingewikkelder maak om ‘n onderhandelde twee-staat-oplossing en die einde van Israel se besetting van die Wesoewer te bereik.