Kitsvloede eis meer as 300 lewens in Himalajas-gebied August 16, 2025
Swaar reën in dele van Pakistan, Indiese beheerde Kasjmir en Nepal het kitsvloede veroorsaak wat reeds die lewens van meer as 300 mense geëis het, terwyl hordes ander vermis word. Vrydag het ministens 203 mense in noordwestelike Pakistan binne 24 uur gesterf. Weerdienste in Pakistan waarsku teen nóg kitsvloede en oorstromings.