Sperdatum vir EU se ontbossingsregulasies kruip nader August 16, 2025

Die Namibië Landbou-unie het ‘n beroep op boere gedoen om dringend kennis te neem van die Europese Unie se ontbossingsregulasies wat op 1 Januarie 2026 in werking tree. Dié regulasies sal Namibiese uitvoere van beesvleis, beesvelle en houtskool na die EU direk raak. Alle boere wat beeste produseer wat moontlik na die EU-mark toe gaan, beeste direk aan ’n abattoir lewer of by ’n veiling bemark, moet voldoen aan die vereistes soos deur die handelsblok voorgeskryf. Die NLU sê Namibië is in rep en roer om stelsels in plek te kry wat voldoen aan die vereistes van die EU sodat uitvoere van hierdie produkte nie geaffekteer word nie.