Namport steek stokkie voor Lüderitz-plan August 16, 2025
Namport het ‘n pre-kwalifiserende tender vir ‘n nuwe olie- en gasverskaffingsbasis op Lüderitz gekanselleer dae ná dit bekend gestel is. Geen verduideliking hiervoor is verskaf nie, berig Reuters. Die skielike verwikkeling is ‘n terugslag vir die regering se pogings om die ontwikkeling van Lüderitz se hawe te bespoedig. Met ‘n rits ontdekkings van olie in die Oranjekom, word dié kusdorp as Namibië se toekomstige energiekern beskou.