Namibië onthou Emed-lugramp August 16, 2025

Dis vandag presies tien jaar gelede dat ‘n noodvlug van Emed Rescue 24 vanaf Windhoek na Kaapstad in ‘n tragedie geëindig het en die lewens van al vyf mense aan boord geëis het. Die pasiënt, ‘n familielid, ‘n paramedikus en twee loodse is dood toe die vliegtuig in Plattekloofberg vasgevlieg het terwyl dit gereed gemaak het om te land.