Munisipaliteite moet watermafia vasvat August 16, 2025

Die minister van water en sanitasie in Suid-Afrika, Pemmy Majodina, sê munisipaliteite behoort noodwaterverspreiding met tenkwaens in te kontrakteer om die watermafia te beperk. Sy het op die Afrika-Unie Waterbeleggingsprogram in Kaapstad gevra dat diegene wat waterinfrastuktuur saboteer, van verraad aangekla moet word. Majodina waarsku dat sulke dade die watertoevoer na 63 mijoen mense in gevaar stel. Die minister moedig munisipaliteite aan om waterverspreiders te registreer en te lisensieer om gehalte en veiligheid te verseker en die misdadige misbruik van waterdienste te voorkom.