Melber verlaat Swapo oor NNN se Hawala-besluit August 17, 2025
Die internasionaal gerekende politieke ontleder, dr. Henning Melber, het ná meer as 50 jaar as lid van Swapo bedank. Melber het Saterdag in ‘n brief aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê haar erkenning van Solomon Hawala as nasionale held ná sy dood vroeër die week, was die laaste strooi. Hawala, ook bekend as die Slagter van Lubango, was ‘n sleutelfiguur in die omstrede Swapo-gate voor onafhanklikwording. Melber het gesê dieselfde etiese en morele beginsels wat hom destyds oortuig het om by Swapo aan te sluit, het hom laat besluit om te bedank.